N Brief vir jou… my engel

21/8/2009

My Liewe Engel

Ek wens ek het geweet wat om altyd te doen, hoe om altyd besluite te neem in jou beste intres… maar ek doen, ek weet nie…

Jou ouma Ina het my vandag gebel. Dit was vir my n groot skok, ons het laas Desember van hulle gehoor. Wat sy vir my gese het, het koue rillings teen my rug af gestuur… sy en jou pa trek terug noord toe, ek is nie heeltemal seker waar nie, sy het net gese dis naby.

Jy is nou te klein om te verstaan die impak wat dit op my het, of dalk is jy nie want vanaand was jy vol liefde vir my gewees, jy het my heeltyd gedruk en soentjies gegee… so dalk besef jy meer as wat ek jou krediet voor gee.

Ek weet nie wat ons gaan doen nie, ek voel lus om jou te vat en te vlug, ek weet hy is jou pa, maar ek weet ook dat om hom in jou lewe te he gaan meer skade as goed doen. So ek top, en bekomer my self en maak seker ook nou n berg uit n mols hoop, maar die vrees bly.

Later as jy oud genoeg is dan kan jy n keuse maak maar vir nou moet ek dit namens jou doen, en ek hoop eerlik dat die besluit om jou pa uit jou lewe te hou die beste besluit is wat ek vir jou kan maak. As dit uit draai om nie te wees nie hoop ek jy sal wel eendag kan verstaan hoekom ek die besluit gemaak het.

My hart en siel is joune my kind, en seer is die laaste ding wat ek aan jou wil gee

Altyd in liefde

Jou ma.

________________________________